Pushing the envelope with trendsetting ideas

Pushing the envelope with trendsetting ideas
Elsje Designs creates fun & functional gifts, stationery and table decor with a true South African touch

THE BUZZ

Stay in the know

with our latest designs, special offers and inspirational ideas.

If you want to receive regular eye candy, subscribe to our blog!

Thursday, November 11, 2010

Inspired Intern - Niki


Ek dink my kar moes iets aardig aanvoel, want soos ’n steeks perd, gaan staan dié vier voet vas en wil nie meer beweeg nie. Gelukkig kom ek tot stilstand voor die huis waar ek nes skrop vir die volgende drie weke.

Die volgende oggend stap ek in en alles is stil, behalwe die stralende glimlag van Corli, een van die ontwerpers by Elsje. Verligting spoel oor my. “Hulle is vriendelik!”, is my eerste gedagte. Soos wat ek almal ontmoet sit ek ’n gesig en persoonlikheid by al die name.

Ek het Elsje Designs van hoek tot kant ge-‘cyber stalk’ voor ek my voete naby aan Durbanville gesit het, en glo my hierdie plek is soveel meer as wat die internet ooit kan vertel.

Maar sommer dadelik word ek aan die werk gesteek. ’n Photo shoot! Aleit se limited edition year end newsletter word geskiet op die dak van die Grand Daddy Hotel in Kaapstad, en Elsje Designs is gevra om van die stationary te doen.

Dadelik wil ek help toe ek hoor wat die tema van die troue is. In drie eenvoudige woorde “Trailer Park Trash”. Inspirasie het gekom van die 70’s met ’n bietjie van ’n moderne twist. Dit is nogal moeilik om kômmen te dink en ontwerp as jy nie self “common” is nie. So ’n besluit was geneem op leopard print, bright neon kleure, papsak, Styrofoam koppies, krullers en baie lang pienk naels. Die shoot was fantasties.

’n Hele span van Aleit was daar om hierdie shoot ’n sukses te maak. Die einste Elsje, haar assistent Lana en ek, die intern, was op die stel gewees om al ons ontwerpe uit te sit en seker te maak alles is in orde. Ek het rondgehardloop, rondgestaan, ’n hoender vasgehou, skroewe ingedraai, gelag, gesweet, geëet, gedrink, gespring, gestrek, maar bo dit alles, die ondervinding van my lewe.

Iemand het een keer vir my gese, “Jy moet soms so bietjie kômmin wees, anders sal jy nooit nederig wees nie,” en op daardie dag was dié woorde vir my baie waar.

No comments: