Pushing the envelope with trendsetting ideas

Pushing the envelope with trendsetting ideas
Elsje Designs creates fun & functional gifts, stationery and table decor with a true South African touch

THE BUZZ

Stay in the know

with our latest designs, special offers and inspirational ideas.

If you want to receive regular eye candy, subscribe to our blog!

Friday, February 3, 2012

More wedding pics from our Karoo wedding

My friend Annatjie Kirsten took these pics.  I really think for a non-professional, she has done so well!  I proudly share a few more pics from our karoo wedding: 

Pimms served after the ceremony in Mrs Balls chutney bottles.

2 cool dudes...  Francois Potgieter and Noel Burger.

So happy and so in love...

I loved my dress! 

My beautiful mom and me.

"The last rays of 2011" - tied to the paper parasol.


The view towards Gamkaspoort Dam.

My mom had this fab wedding cake made - so beautiful! 

A special moment between my god mother and me, Aunt Elsa.

The very talented and musical in-laws!

The bubbly.



The "other man" in my life, little Hubertus.  My brother's little boy.

The seats covered with whispy padding and tied with white Petersham.

My dad looking oh so happy and radiant. 

The official photographer, Andre from Vivid Blue. 
It was fab to have him and Fralene at our special day, they are such special people.

 After the ceremony.

My camera shy friend, Annelie Smuts.  Caught in the act!!

My aunt having a joyous moment - one of my favourite pics!


George Malek congratulating his best friend.


Annatjie Kirsten, me and Annelie.
Annatjie surprised me with these gorgeous photographs, thanks again!

Hierdie was die mees intieme seremonie wat ek ooit bygewoon het, en kan net ‘n geestelike verdieping tot gevolg he. Dit was geweldig opbouend, en ek dink omdat daar so min gaste was (ons was seker so rondom die 40) het dit baie bygedra.



My sussie, Carisa, het die volgende mooi brief aan haar dogters geskryf, wat ongelukkig nie by die troue kon wees nie, om die dag te beskryf.

Met ons aankoms Saterdagoggend (nadat ons die tweespoor paadjie met ‘n afgrond aan die een kant moes aandurf – my swak hart!) is ons met ‘n viertrek wildbesigtiging voertuig na die piekniekplek geneem vir lekker gesels, piekniek, manne het krieket gespeel, ekt lekker saam met my ouers gehuil toe ons daar afklim (ag wat, met die vertrek het ek sommer vir almal gese ek huil maklik, toe het ek nie meer omgegee nie). Daarna is ons 2 na die dam toe waar ons oornag het.

Ekt geen foto’s van die onthaal daarna nie: net tydens die opelug seremonie. Dit was baie aandoenlik. Ons ouers het die laaste paar tree met Els tussen hulle, die bultjie opgestap. Aan die einde van die seremonie kon almal wat wou die egpaar seen – ekt nooit besef EK kan ook iemand seen nie! Die Van Niekerks is baie talentvol: die een seun, Lood, het tjello gespeel, 1 die viool, en 3 vd kleindogters en Louis se skoonsus het in 4 stemme vir hul: God seen jul waar jul ook mag gaan: so so mooi, alles met die blou berge in die agtergrond. Na die seremonie het ons  Pimms gekry voordat ons na die lodge vertrek het. Daar, hoef ek nie te vertel nie, was aandag aan detail en net die mooiste van alles reeds reggesit. By die ingang was die gastelys wat oor elkeen teenwoordig iets te se gehad het: my het gese ek hou van eie groente en kruie kweek; hou van kook en lees interessante boeke; my dogters beskryf my as ‘n overachiever met ‘n graad op 50. Ons het eers in die lapa bymekaargekom waar neef Schalk my ouers beklink het met mooi woorde en ‘n glasie; toe Louis se oudste broer op sy ouers, en daarna Louis wat iets vir elke gas spesiaals gesê het.

Die tafels was verstommend mooi – hou dan nou anders? Alles meesal in wit. Oral hang iets feestelik, horlosies, vlaggies met kinderfoto’s van elke gas, foto’s uit die verlede van ons gesinne, baie baie glass domes/bell jars met interessanthede daarin (heelwat windpompies uit laser gesny van dik papier, hier en daar ‘n koedoe, karoobossie, voeltjie, en oral origami blomme gevou uit ou FAK liedjies. Let wel, daar was geen vars blomme by hierdie troue nie.  Elk sy eie wit lapservet met woorde van “my hartjie my liefie” aan jou stoel vasgeknip, en ook jou eie plekmatjie met ‘n popup toneel - myne was van ‘n boom met koutjie wat daaraan hang. Die kos was uit die boeke! Mama Madeleine se troukoek was ‘n plaasdam, met twee skapies by, ‘n doringboompie, en ‘n windpomp in die agtergrond.

Sondagogg het almal wat wou die son gaan groet met ‘n boodskap uit die Bybel. George, ‘n ongelooflike interessante man, het daarna weer in die lapa ‘n boodskap vir Els en Louis gebring vir die huwelik. Dit is so ongelooflik dat ek dit gaan oortik en aan die gaste stuur, want almal wou daarna dit weer hoor. Hierdie vriend van Louis kom van Alexandrie in Egipte, het twee doktorsgrade in teologie, en ene in sielkunde. Van daai mense by wie se voete jy wil sit en net luister. ‘n diep mens – ons wil later die drade met hom optel.

Ek kan nie uitgepraat raak ook die belewenis wat dit vir my en vir W was nie. Hy was baie emosioneel die naweek, en ek dink dit was goed vir ons. My hoofgedagtes na die naweek: ons land is pragmooi en baie dele is nog heeltemal ongerep; hierdie egpaar is soveel maal geseen, en soveel positiewe dinge het rondom hulle gebeur die naweek; ons dien ‘n ongelooflike Here by wie niks onmoontlik is nie. Ek glo onwrikbaar in die huwelik, en glo uit my hart dat hulle 2 dit sal kan maak werk.

Carisa Smuts

No comments: